Die meisieskrieketspan van die Hoërskool Voortrekker in Bethlehem het op 31 Januarie teen die span van die Hoërskool Ladybrand kragte gemeet. Voortrekker kon 104 lopies vir die verlies van 7 paaltjies aanteken, waarna Ladybrand tot 67 lopies vir die verlies van 9 paaltjies beperk is. Mikayla Fourie kon 23 lopies vir Voortrekker aanteken, terwyl Marisia Craven in haar 4 toegelate boulbeurte 3 paaltjies laat kantel het. Sy het net 22 lopies afgestaan. Op haar beurt het Hazel-Dean Lange 2 paaltjies vir 18 lopies geneem. Van links is, voor: Lisa Punt, Mikayla en Kara Janse van Rensburg

Laat teenstanders les opsê op krieketveld

You need to be Logged In to leave a comment.