Op die Junie-vergadering van die Vrouelandbou-unie (VLU) se Koppies-tak is van links Ursula Mitras, Belinda van der Merwe (spreker), Vivienne Fouché (sameroeper) en Louren Roux.Foto: Verskaf


Op die Junie-vergadering van die Vrouelandbou-unie (VLU) se Koppies-tak het Belinda van der Merwe, van Kroonstad, lede geleer hoe om kwiltwerk te doen.

Van der Merwe het in haar praatjie verduidelik dat die keuse van materiaal en patroon van uiterste belang is wanneer ’n kwilt gemaak word.

Sy het ook van haar spogstukke op die geleentheid uitgestal.

Daarna het lede die kans gekry om elkeen ’n speldekussing te maak. Vir party van hulle was dit ’n splinternuwe uitdaging.

“Ons probeer om elke maand iets nuuts te leer waarby lede ook kan baat. Boonop is die vergaderings ’n heerlike samekoms waar ons lekker kan kuier,” sê Catrien Koekemoer van die Koppies-tak.

Die lede van die tak nooi alle belangstellendes na hul volgende vergadering, op Woensdag 21 Augustus.

Bel Koekemoer by 071-155-0848 of Elsa Jonker by 084-600-6012.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article