Die voortslepende watertekort regoor Suid-Afrika heen hou baie gevare in en is nie net vir Bethlehem nie, maar ook vir die hele land, kommerwekkend en bied reuse-uitdagings.
Toe ek onlangs vir ’n verteenwoordiger van Engen Petroleum noem dat die waterkrisis groot nagevolge sou inhou as daar dalk ’n brand by die maatskappy se depot ontstaan, het hy amper van sy stoel afgeval.
Indien Bethlehem geen water het nie, kan dit katastrofiese nagevolge vir die petroleumdepots, vulstasies en petroleumvoertuie inhou.
As daar nie water is nie, sal dit ’n onbegonne taak wees vir die plaaslike brandweer om enige petroleum-depot, vulstasie, voertuig en die gemeenskap te beskerm.
Ek glo nie dat die plaaslike munisipaliteit die uiters gevaarlike risiko onlangs bedink het nie. Is hulle gerat met die voortslepende waterkrisis? Vir dié soort uitdagings, sou daar ’n voorval plaasvind?
Indien die petroleumdepots in Bethlehem sou brand, sou die hele dorp waarskynlik ontruim moet word, en die skade van so ’n ontploffing is legio en natuurlik lewensbedreigend.