Drie studente van die Mari Leonard-kunsklasse in Kroonstad het uitstekend tydens die jaarlikse nasionale Santam-kinderkunskompetisie presteer.
Avey Day het twee gekeurde kunswerke in die sewe tot agt jaar-ouderdomsgroep, met Ruben Jordaan (nege tot tien jaar) en Abigail de Carvalho (11 tot 12 jaar) een elk in hul onderskeie groepe onder die tema: “What the world needs now.”
Die kunswerke moes aan ’n sekere kriteria voldoen en dié drie het vir seker tussen die altesaam 2 252 inskrywings uitgestaan.
“Ek is baie trots op my studente wat jaarliks goed vaar in die kompetisie. Ek is baie dankbaar vir die geleentheid waar jong studente se kuns blootstelling kry, “ sê Leonard.
Leonard is al jare lank ’n kunsonderwyser in die dorp en het selfs vir Abigail se broer, Eddie – in 2010 ook ’n Santam-pryswenner– hul pa Fernando en sy broer Raymond klasse aangebied.