’n Geliefde inwoner van Kroonstad en ook die oudste lid van dié dorp se tak van die Vrouelandbou-unie (VLU) het haar 100ste verjaardag gevier.
Sy is nog heel onafhanklik en nie sieklik nie.Sy was bevoorreg om die besonderse geleentheid saam met ander inwoners te vier, asook familie en haar beste vriendin, Hannie le Roux – wat op haar beurt in Mei 100 jaar oud geword het.
Tannie Anna het diep spore in die Koppies- en Kroonstad-gemeenskap gelaat. Sy is op die plaas Welgemoed in die Tweeling-distrik gebore en het haar laerskoolloopbaan aan die Swaarwater-plaasskool begin en dit aan die Laerskool Tweeling voltooi. Sy het matriek geskryf aan die Hoërskool Voortrekker in Bethlehem, waarna sy onderwys aan die destydse onderwyskollege in Bloemfontein studeer het. Tannie Anna het daarna haar onderwysloopbaan aan ’n plaasskool in die Reitz-distrik begin.
In 1986 het tannie Anna en Jan in ’n meenthuis in Kroonstad ingetrek. Jan is in 1988 oorlede.