“Ons is ongelooflik dankbaar vir die Here se leiding deur die hele proses en wil vir elke persoon wat ‘n verskil gemaak het, sodat ons as Dorp van die jaar kon wen, net weer sê dankie.” Vanjaar se naaswenner is Graaff-Reinet, wat in 2010 as die wendorp aangewys is, gevolg deur Keetmanshoop in Namibië. Die ander finaliste was Montagu (Wes-Kaap), Haenertsburg (Limpopo), Calvinia (Noord-Kaap), Cullinan (Gauteng), Pelgrimsrus (Mpumalanga) en Glencoe (KwaZulu-Natal).
Kroonstad is Kwêla se Dorp van die jaar
Die vreugdesvure brand op die oomblik baie hoog in Kroonstad. Dié dorp is sopas as die algehele wenner van die gewilde joernaalprogram op kykNET, Kwêla, se Dorp van die jaar-kompetisie aangekondig.
Share this post:

Die vreugdesvure brand op die oomblik baie hoog in Kroonstad. Dié dorp is sopas as die algehele wenner van die gewilde joernaalprogram op kykNET, Kwêla, se Dorp van die jaar-kompetisie aangekondig.
Kroonstad kon daarin slaag om die gesogte titel te ontvang deur die meeste stemme per SMS te werf, en volgens die vervaardigers van Kwêla het dié dorp behoorlik skoonskip gemaak in vanjaar se kompetisie.
“Ek glo die boodskap van hoop wat ons vir die res van Suid-Afrika gebring het, was verantwoordelik vir die oorwinning,” sê André van Pletzen van die organisasie Ignite and Revive, wat herlewingprojekte in Kroonstad dryf.
Van Pletzen sê uit die oorwinning gaan daar ‘n hele paar positiewe gebeure vloei, soos die nuwe Kroonstad Trio-fees, wat deel sal wees van die KIA Dorp van die jaar-makietie wat einde Oktober aangebied word. Hy wil graag ’n ieder en ’n elk wat ‘n bydrae tot die oorwinning van Kroonstad as Dorp van die jaar gemaak het, hartlik bedank.
“Of hulle saam gewerk het, skenkings gedoen of gestem het, baie dankie aan almal.”
Pieter van Rensburg van die Ignite en Revive organisasie is as afgevaardigde gestuur om die gesogte prys vir Kroonstad tydens die Kwêla-uitsending in ontvangs te neem.
“Ek was nederig dankbaar en oorstelp van vreugde – dit was ‘n reuse voorreg en ‘n groot eer om die titel namens die hele Kroonstad te ontvang,” sê Van Rensburg.
Share this post:
Related Articles
Leave a comment
You need to be Logged In to leave a comment.