Kroonstad-inwoners werk saam om te wén

Ná Kroonstad skoonskip gemaak het in die kykNET Kwêla Dorp van die jaar-kompetisie, het VrystaatKroon met inwoners en sakelui gesels hoe hulle oor die groot oorwinning voel.


Ná Kroonstad skoonskip gemaak het in die kykNET Kwêla Dorp van die jaar-kompetisie, het VrystaatKroon met inwoners en sakelui gesels  hoe hulle oor die groot oorwinning voel.

Seugnet Oelofse van The Growing Tree Learning Academy, sê ons is so ongelooflik trots op Kroonstad. Danksy mense se positiewe ingesteldheid asook die samewerking van almal in die gemeenskap, is die wen moontlik gemaak. Mag Kroonstad die pas volhou en ‘n voorbeeld wees.

Micheal en Karla Dobrowsky van Skylab Aerial, sê hulle is nuwe intrekkers in Kroonstad en het ook ‘n nuwe onderneming op die dorp begin.  “Ons salueer Kroonstad en sy mense wat ‘n voorbeeld vir die hele Suid-Afrika stel oor hoe samewerking ‘n verskil in ‘n gemeenskap kan maak. Ons is nog nie een oomblik spyt dat ons, onsself hier gevestig het nie.” 

“Welgedaan Kroonstad, dit was ‘n groot verrassing en ons is opgewonde vir al die positiewe dinge wat hieruit gaan vloei,” sê Maretha Jurack eienaar van SA Driving School in Kroonstad.

As ‘n gebore en getoë Kroonstadter, wil ek hiermee die Ignite en Revive groep opreg bedank en geluk wens met hulle harde werk. Julle is kookwater en dankie dat julle altyd die Here bedank vir sy leiding en hulp met die groot taak,” sê Len Smith ‘n inwoner van Kroonstad, vir die afgelope 78 jaar.

Felicity Combrink van die Northern Free State Caregivers, sê nêrens in die wêreld kry jy ‘n gemeenskap soos Kroonstad se gemeenskap nie. Almal ontferm hulle en skaar hulle by mense wat swaarkry of hulp nodig het en dit maak die Kroonstad-gemeenskap besonders en uniek. Baie geluk met die besonderse prestasie.

Micheal en Karla Dobrowsky van Skylab Aerial, sê hulle is nuwe intrekkers in Kroonstad en het ook ‘n nuwe onderneming op die dorp begin. “Ons salueer Kroonstad en sy mense wat ‘n voorbeeld vir die hele Suid-Afrika stel oor hoe samewerking ‘n verskil in ‘n gemeenskap kan maak. Ons is nog nie een oomblik spyt dat ons, onsself hier gevestig het nie.”

Petro Trollip die bestuurder van Country Meat in Kroonstad, sê, ons is vreeslik opgewonde en so trots dat Kroonstad gewen het, en kan nie wag om al die positiwiteit te beleef wat hier uit gaan vloei nie.  Die reklamelugtyd is ‘n groot pluspunt vir Kroonstad en ons sê vir almal baie, baie dankie vir hul moeite en bydrae om van ons dorp ‘n beter en mooier plek te maak.

Marlize du Plessis van die Kingdom Kids in Kroonstad, sê sy is uit haar vel uit oor die wen. In die afgelope sewe jaar het onsself  ons sypaadjies en onmiddelike omgewing netjies en skoon gehou. Ons weet daar is nog baie werk, maar daar is al baie vermag.  Binnekort gaan Kroonstad gouestrate hê. 

You need to be Logged In to leave a comment.