Mildelike reën het onlangs oor groot dele van die Vrystaat uitgesak, wat ’n ongewone verskynsel in die winter is. Nerine Leonard van die plaas Kristalkop in die Kroonstad-distrik sê hulle het sedert verlede jaar September tot op datum 1 101 mm reën gemeet. Die gemiddelde reënvalsyfer vir die omgewing is 580 mm per jaar. Die uiters nat en ongewone weerstoestande bied verskeie uitdagings aan boere, en hulle moet fyner beplan om die boerdery op koers te hou. Die rustigheid by die plaasdam op Kristalkop is ná ’n goeie bui reën afgeneem.Foto: Nerine Leonard

Credit: SYSTEM