Krag kom van elders

Evané du Toit (18), hokkiekaptein: Hoërskool Witteberg.


Evané du Toit (18), hokkiekaptein: Hoërskool Witteberg.

Met die alom­bekende Bybelvers Filippense 4:13: “Ek is tot alles in staat deur Hom wat vir my krag gee,” vind hierdie kaptein die inspirasie om haar span te lei.

“Met ’n leë koppie kan ’n mens niks doen nie, maak nie saak hoe hard ’n span werk nie. Maar met die Here se krag en leiding sal die seisoen se koppie oorloop. Só lei ek ons skool se eerste hokkiespan.”

n’n Hoogtepunt vir Evané was toe die span vanjaar na die Oos-Kaap kon toer en teen sterk spanne van oor die land heen kon meeding.

“Dit was ’n onvergeetlike ervaring wat my as speler en as nleier van die span uitgedaag het. Dit het ons die geleentheid gebied om te groei, te leer en op hoër vlak te kompeteer.”

Evané beskou ’n goeie leier as iemand wat kies om sy mense te dien.

“Ek dien my span deur seker te maak die omgewing wat daar geskep word, energie na die span bring sodat ons en ons afrigters kan floreer.

“Ons sien baie uit na die derby! Met ’n positiewe houding en ’n wen-mentaliteit ongeag wat gaan gebeur, is ons span gemotiveerd. In hierdie span, spreek ons net lewe uit!”

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.