8 Oktober: 

Die Paul Roux-bewarings­gebied hou
verskeie wedrenne en wedlope. 
Die
BZM-Holhoek-40 km-bergfietsren, die 10 km-pretloop en die Waterfall Cave-roete
word aangepak. Skakel 082-304-7006 of 072-821-4417.

Die
plaaslike tak van Afri­Forum Jeug gaan die Dutch Cemetery in Lamondstraat agter
die museum opknap. Enigeen wat wil help, kan Isolde Laesecke by 083-956-4221
bel.

13 Oktober:

Die Hoërskool Witteberg bied sy kultuuraand aan. Dit kos R50 en kaartjies is by die skoolkantoor beskikbaar. Skakel
058-303-5271.

16 Oktober:

Die Charl du Plessis-trio tree om 18:30 in die NG kerk
Bethlehem-Wes, saam met ’n massakoor van Oos-Vrystaatse kore, op. 
Dries Kotze
(­083-632-0297).

20
Oktober:

Die jaarlikse besigheidsaflos word om 18:00 by die Frontier Inn
& Casino deur Limodo Sports Events aangebied. 
Hardloop- en
stapspanne kan inskryf. Dit begin by die Casino, deelnemers hardloop deur die
Dihlabeng Mall en eindig weer by die Casino. 
André Barends
(083-267-4357) of Cornel Muller (083-294-6420).

28 en 29 Oktober: 

Hoërskool Witteberg se vyfde Kersmark vind op 28 en 29 Oktober
plaas. 
Die mark sal Vrydag van
09:00 tot 18:00 en Saterdag van 08:30 tot 14:00 plaasvind. 
Inge Fröhlich by Hoërskool Witteberg (058-303-5271).

29 Oktober: 

Die Charlotte Theron-kinderhuis (CTK) hou van 08:00 sy jaarlikse
basaar op die terrein van die NG kerk ­Moedergemeente. 
CTK (058-307-3700).

26 November:

Die Bergprag-aftreeoord bied van 09:00 tot 14:00 sy
Kers­kunsmark-safari aan. Handgemaakte artikels en kos sal te koop wees. 
Navrae oor
stalletjies: 058-303-0467 of 082-375-2530.

You need to be Logged In to leave a comment.