Kopsprong in boerdery is belangrik

Op vanjaar se herlewingslandboukonferensie wat deur Landbouweekblad by Reitz aangebeid is, was dit net weer duidelik hoe die landbousektor aanpas en planne beraam ter wille van oorlewing.


Op vanjaar se herlewingslandboukonferensie wat deur Landbouweekblad by Reitz aangebeid is, was dit net weer duidelik hoe die landbousektor aanpas en planne beraam ter wille van oorlewing.

Betrokkenes in die sektor is positief oor verandering en vernuwende denke om só ’n gesonder en sterker landbousektor te verseker.

Boere het daagliks met verskeie uitdagings te kampe, onder meer die Eskom-sage, onvoorspelbare omstandighede wat deur die weer veroorsaak word, insetkoste, asook toerustingkoste. Daarom is dit belangrik vir boere om alle opsies te oorweeg soos om na bewarings- en herlewingslandbou oor te skakel.

Herlewingslandbou is ’n holistiese benadering met die primêre doelwit om grondgesondheid na te streef. As die grond gesond is, is volhoubare boerdery verseker.

Al die sprekers op vanjaar se konferensie was dit eens dat voornemende herlewingslandbouboere ’n kopsprong moet doen en die vrees vir verandering opsyskuif. Boere moet hulself inlig en veral die wetenskap agter herlewingslandbou probeer verstaan. Die toepassing daarvan is ’n proses wat stelselmatig geskied en ongeduld nie sal duld nie.

Soos dr. Imtiaz Sooliman van Gift of the Givers dit gestel het: Met geloof en ’n positiewe ingesteldheid is enigiets vir Suid-Afrikaners moontlik.

You need to be Logged In to leave a comment.