Komberse, kos nodig vir diere

Die DBV in Bethlehem het die gemeen­skap se hulp nodig om na diere om te sien.


Die DBV in Bethlehem het die gemeen­skap se hulp nodig om na diere om te sien.

“Ons het ’n groot tekort aan kos vir ons diere, asook komberse vir die winter,” sê Marius Dreyer, voorsitter.

Die vereniging is van skenkings afhanklik om sy bedrywighede vlot te laat verloop.

Enigeen wat ’n skenking wil doen, kan artikels op die DBV se perseel by Witteberg­straat, Bethlehem, aflewer.

Belangstellendes kan 058-303-3998 skakel om meer inligting te bekom of reëlings te tref.

  • ¦Die DBV in Kroonstad het dieselfde behoeftes, en belangstellendes kan 056-110-0041 skakel om skenkings te doen.

You need to be Logged In to leave a comment.