Die ATKV-redenaarstak in Bethlehem bied ’n tiende jaar sy jaarlikse kombersprojek ten bate van behoeftiges aan. Groot pryse is op die spel en skole, ondernemings en organisasies kan ’n wegbreek by vier van die ATKV se spogoorde wen.
Komberse word genommer met die skenker se naam en van vir die gelukstrekking aan die einde van die projek.
“Deelnemende skole se leerlinge kan meer as een kombers skenk om hul ’n groter kans te gee in die gelukstrekking. Elke skool wat deelneem, sal ’n prys ontvang,” sê Fires van Niekerk, organiseerder.
Buite skoolverband is twee afdelings waarin deelgeneem kan word: een vir ATKV-lede en dié vir nie-lede. Dieselfde proses word gevolg soos by die skole.
Belangstellendes kan komberse by dié addresse in Bethlehem aflewer: Fires van Niekerk, Barry de Koklaan 61, Panorama – 083-630-8545; Louise Venter, Maranza Meenthuis no 11, Wesweg (voor die Hoërskool Voortekker) – 073-183-4676; Dion Marinus, Steenbokstaat 18, La Provence – 082-570-6884; en Bianka Koen, Ludwig Dienerstraat 3, Panorama 074-585-2876. Skakel vooraf om reëlings te tref.
Die projek duur tot 31 Mei. Rig navrae deur Van Niekerk te bel, of stuur e-pos na firesvn@gmail.com.