Die president van die Kroonstad Rolbalklub, Hannes Horn het ‘n brons medalje tydens die Nasionale Rolbalkampioenskap vir Gestremdes wat in Pretoria vanaf 20 tot 27 Mei plaasgevind het, verower. Foto: Verskaf


Die president van die Kroonstad-rolbalklub het ’n bronsmedalje in die nasionale kampioenskap vir mense met gestremdhede verower. Hannes Horn het van 20 tot 27 Mei aan dié kampioenskapsbyeenkoms in Pretoria deelgeneem.

In die pare-kompetisie het Horn, wat in ’n rolstoel is, saam met spanmaat Pikkie Loots deelgeneem. Hulle het nie na volgende rondes deurgedring nie.

In die enkelspel vir B5 tot B6 het Horn egter ’n bronsmedalje verwerf. Hy het in die halfeindronde met 20 – 21 verloor, teen die speler wat eindelik goud gewen het.

Horn is ook die president van die Valsrivierrolbal-streek.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article