Klub laat water weer spat

Lede van die Bethseals-swemklub in Bethlehem het op die naweek van 19 Augustus aan die heel eerste klubswemgala vir die nuwe swemseisoen deelgeneem.

Nolan Orsmond, ’n gr. 9-leerling aan die Hoërskool Witteberg in Bethlehem en ’n lid van die Bethseals-swemklub, met sy deelname aan die Super Seals-swemgala in Bloemfontein. Swemmers van dié klub het 17 medaljes gewen.Foto: Verskaf

Credit: SYSTEM

Lede van die Bethseals-swemklub in Bethlehem het op die naweek van 19 Augustus aan die heel eerste klubswemgala vir die nuwe swemseisoen deelgeneem.

Die Super Seals-swemgala het in Bloemfontein plaasgevind, en die Bethseals spog ná deelname hieraan met ’n oes van 17 medaljes.

Die medaljewenners van dié klub is: Jaden Maritz, Cameron Landmann, Abel Rautenbach, Lungi Lepesa, Gaby Bishop en Lika Zietsman.


Madli Grobbelaar

You need to be Logged In to leave a comment.