Klub haal uit en wys

Lede van die Bethseals-swemklub in Bethlehem het goed gevaar op die Vrystaat-kampioenskapsbyeenkoms wat van 6 tot 10 Desember in Bloemfontein aangebied is.

Miné Joubert van die Bethseals-swemklub met deelname aan die kampioenskapsbyeenkoms waarop swemmers van 6 tot 10 Desember in Bloemfontein meegeding het.Foto: Verskaf

Credit: SYSTEM

Lede van die Bethseals-swemklub in Bethlehem het goed gevaar op die Vrystaat-kampioenskapsbyeenkoms wat van 6 tot 10 Desember in Bloemfontein aangebied is.

Van die 14 klubs wat deelgeneem het, was Bethseals in die sewende plek.

Die aflosspan van dié klub, met lede Hendrik Rautenbach, Nolan Orsmond, Jaden Maritz en WJ Kruger, het ’n tweede plek behaal.

Janine Steyn het ’n silwermedalje in die 100 m-vlinderslag verwerf. Klubmaat Jaden Maritz het ook ’n silwermedalje ontvang, in die 200 m-borsslag, met WJ Kruger wat in die 200 m-borsslag ’n bronsmedalje verwerf het.

Jaden is as die victor ludorum vir seuns 17 jaar en ouer aangewys.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.