Groot opwinding wag op kinders wat vanjaar se fees besoek. Dié jonger as sewe kry gratis toegang.
Die dierewelsynsorganisasie Animals in Need gee die kleinspan ’n kans om diere te voer, en die kinders wat dapper genoeg is, kry ’n beurt om saam met Bella die slang foto’s te neem.
Voertyd is die Saterdag om 12:00, en die dierekospakkies kos R10 elk. ’n Perderit kos R10 per kind.
Benewens vermaak wat die groot pretpark inhou, kan kinders na gesigverf en kameelritte uitsien. Saterdagoggend kan hulle teen R20 die ATKV se produksie Dinosourusse kan nie lees nie bywoon.
Program: 2 September
- 14:00 – optrede: The Growing Tree Learning Academy
- 14:05 – optrede: trompoppies van Trio Primêr
- 14:15 – optrede: The Growing Tree Learning Academy
- 14:30 – optrede: Dance Domination
- 14:50 – seremoniemeester gee pryse uit
- 15:00 – musiekuitvoering: Trio Acappella
- 15:15 – revue-optrede: Trio Primêr
- 15:25 – seremoniemeester gee pryse uit
- 15:30 – optrede: Dance Domination
- 15:50 – seremoniemeester gee pryse uit
- 16:00 – JS Bounce