’n Gr. 8-leerling aan die Hoërskool Witteberg in Bethlehem wat aan die Maak my ’n miljoenêr se Entrepreneur van die jaar-kompetisie deelgeneem het, eindig in die toptien.
Mariney het in die algehele vierde plek van die landswye kompetisie geëindig.
Die kompetisie is begin deur 60 skole van oor Suid-Afrika heen, wat 65 000 hoërskoolleerlinge insluit en 125 inskrywings van jong entrepreneurs opgelewer het, te besoek.
Daarna is met ’n deeglike seleksieproses die mees vaardige en skeppende besigheidsmanne en -vroue na vore gebring. Die Top-20 het die Brandbank se uitdunronde en verdere uitdagings tydens die kompetisie oorleef om by die gala-aand op die verhoog te verskyn.
Die kompetisie, wat ook op ViaTV kanaal 147 uitgesaai is, is ’n landswye hoërskool entrepreneur kompetisie wat deur die bekende miljoenêr en entrepreneur Albert van Wyk, van stapel gestuur is.
“Die doel van die kompetisie is om bewusmaking van entrepreneurskap onder die jeug van Suid Afrika te skep, asook om jong hoërskool-entrepreneurs te vind.
“Om hulle te bemagtig met entrepreneursvaardighede en dan te mentor om die leerlinge miljoenêrs te maak,” sê Van Wyk.
Die gala-aand het op Woensdag 20 November by die Atterbury-teater in Lynwood plaasgevind, waar die top-20 finaliste met vriende, familie en eregaste ontvang is.