Twee kunsstudente van Mari Leonard in Kroonstad het goed gevaar in die jaarlikse nasionale Santam-kinderkunskompetisie.
Drie van Avey Day se kunswerke, in die afdeling vir kunstenaars nege tot tien jaar oud, sal in die aanlyn uitstalling vir 2025 verskyn. Bea Hattingh (6) het een kunswerk in dié uitstalling.
Twee van Avey se kunswerke is verlede jaar vir die uitstalling gekeur. Deelnemers se kunswerke moes aan sekere kriteria voldoen, en kunsstudente van oor die land heen skryf hulle jaarliks vir die kompetisie in.
“Dit is vir my ’n riem onder die hart dat my studente se kunswerke in die uitstalling volgende jaar te sien sal wees. Ek is trots op hulle,” sê Leonard.