Kies om vas te hou

Soms in die lente, of selfs somer, kry ons dae waarop die koue terugkom, of dae wat met erge droogtes gepaardgaan.


Soms in die lente, of selfs somer, kry ons dae waarop die koue terugkom, of dae wat met erge droogtes gepaardgaan.

Dit is dan dat sommige van die bloeisels of vrugte van die bome afval. Hulle gee as’t ware moed op. Maar as hulle aan die boom se takke sou vashou, sou nuwe lewe wel weer na hulle vloei.

In Lukas 18 vind ons die verhaal van die ryk jong man vir wie Jesus sê om alles te verkoop en Hom te volg om voluit te kan lewe. Hy draai egter eerder sy rug op Jesus.

Toe sê Petrus vir Jesus: Kyk, ons het alles verlaat en U gevolg.

En Jesus antwoord: “Dit verseker Ek julle: Daar is niemand wat ter wille van die Koninkryk van God afgesien het van huis of vrou of broers of ouers of kinders nie, of hy ontvang in hierdie tyd al baie keer soveel terug, asook die ewige lewe.” – Lukas 18:29 en 30

Toe Jesus by Jerigo stap, roep ’n blinde hard uit vir genesing.

Jesus sê vir hom: “Goed, jy kan sien! Jou geloof het jou gered.” – Lukas 18:42

Wie Jesus bly volg, mag weet dat ons in hierdie lewe baie terug sal ontvang – en die ewige lewe. Moenie opgee nie. Die Tuinier belowe nuwe lewe.

Hou ek en jy nog vas aan die Here van Lewe, of volg ons ons eie kop?

Gebed

Here Jesus, gee my nuwe lewe. Amen.

  • Els was voorheen leraar aan die NG kerk Kroonstad-Suid.
Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.