Kestell-verdagtes hoor gou oor borgtog

Die Kestell-gemeenskap het in hul massas na die Kestell-landdroshof opgeruk, waar twee verdagtes vir die gru-moorde op die plaas Lismore in die Kestell-distrik verskyn het.


Die
Kestell-gemeenskap het in hul massas na die Kestell-landdroshof opgeruk, waar  twee verdagtes vir die gru-moorde op die plaas Lismore in
die Kestell-distrik verskyn het.

Die twee
verdagtes Kamohelo Motankisi en Lrato Tseko Selepe onderskeidelik 22 en 34 jaar oud, is binne 24 uur ná die aanval naby die Bohlokong-township buite
Bethlehem in hegtenis geneem. Daar is op ‘n haelgeweer en windbuks, wat
vermoedelik aan Alheit Smit die eienaar van Lismore behoort het, beslag gelê.
Die twee mans word van sewe moorde, twee verkragtings, roof met verswarende
omstandighede, huisbraak en die onwettige besit van vuurwapens aangekla. Dit
was’n skok toe die verkragting klagtes in die hof bygelees is en familielede
het hardop begin huil. Dit is nie bekend watter vroue verkrag is nie.

Sesi
Smit (55) en haar seun, Rhudi Binta (16) asook vyf ander vroue Portia Monareng
(30), Lerato Julia Moloi (33), Mothoduwa Paulina Moloi (36) Nomasonto
Christina Zulu (56), Nomasontsha Topsy Maduna (43), is Vrydagoggend (15/07)
wreedaardig geskiet, met messe gesteek en die seun is vermoedlik in ‘n bad water
verdrink, in die Smit-egpaar se plaashuis.

“Ons hoop
dat deur die spoedige optrede van die owerhede, wat alreeds in werking gestel
is, die skuldiges spoedig aan die pen sal ry,” sê Jakkals le Roux, voorsitter
van VL se Landelike veiligheidskomitee.

Francois
Wilken president van Vrystaat-Landbou sê, die sinnelose tragedie wat Vrydag
(15/07) op die plaas Lismore afgespeel het, het weer eens die weerloosheid van
plaasgemeenskappe uitgelig. 

Die saak is
uitgestel tot Woensdag, 20 Julie sodat die beskuldigdes regsverteenwoordiging
kan bekom. Die saak word verder ondersoek.

You need to be Logged In to leave a comment.