Die Kestell-gemeenskap het in hul massas na die Kestell-landdroshof
vanoggend opgeruk, waar twee verdagtes vir die grumoorde op die plaas
Lismore in die Kestell-distrik verskyn het.
Die twee verdagtes Kamohelo Motankisi en Lrato Tseko Selepe
onderskeidelik 22 en 34 jaar, is binne 24 uur ná die aanval naby die Bohlokong-township
buite Bethlehem in hegtenis geneem.
Daar is op ‘n haelgeweer en windbuks wat vermoedelik aan
Alheit Smit die eienaar van Lismore behoort, beslag gelê.
Die twee mans word van sewe moorde, twee verkragtings, roof
met verswarende omstandighede, huisbraak en die onwettige besit van vuurwapens
aangekla. Dit was ? skok toe die verkragtingklagtes in die hof bygelees is en
familielede het hardop begin huil. Dit is nie bekend watter vroue verkrag is
nie.
Sesi Smit (55) en haar seun, Rhudie Binta (17), asook vyf
ander vroue Portia Monareng (30), Lerato Julia Moloi, (33), Mothoduwa Paulina
Moloi; (36) Nomasonto Christina Zulu (56), Nomasontsha Topsy Maduna(43) is
Vrydagoggend (15/07) geskiet en met messe gesteek. Rhudie is vermoedelik in ‘n
bad water verdrink in die Smit-egpaar se plaashuis.
“Ons hoop dat deur die spoedige optrede van die owerhede wat
reeds in werking gestel is, die skuldiges spoedig aan die pen sal ry,” sê
Jakkals le Roux, voorsitter van VL se landelike veiligheidskomitee.
Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou, sê die
sinnelose tragedie wat Vrydag (15/07) op die plaas Lismore afgespeel het net
weer die weerloosheid van plaasgemeenskappe uitgelig.
Die saak is uitgestel tot Woensdag 20 Julie sodat die
beskuldigdes regsverteenwoordiging kan bekom . Die saak word verder ondersoek.