Raadslid Sello Makoena van die DA in Bethlehem as Kersvader ten tyde van die Kerspartytjie wat vir die jong inwoners van die Charlotte Theron-kinderhuis aangebied is. Saam met Makoena is Roy Jankielsohn, leier van die DA in die Vrystaat. Foto: Verskaf


Harte by die Charlotte Theron-kinderhuis in Bethlehem is verbly toe die jong inwoners deur die DA met ‘n Kerspartytjie verras is.

Die partytjie is op 21 Desember by die kinderhuis gehou. Dit was ‘n geleentheid met samesang van Kersliedere by kerslig, en die sowat 50 inwoners het ‘n ligte ete, roomys en ‘n Kersgeskenk ontvang.

Hilton Maasdorp, voorsitter van die DA-koukus in Bethlehem, sê dat hierdie geleentheid ‘n jaarlikse instelling word. So ‘n partytjie is die eerste keer in Desember 2021 vir die kinders gehou.

“Die gemeenskap is vir ons baie belangrik, en soortgelyke projekte sal in die hele gemeenskap ingestel word. Raadslid Sello Makoena het as Kersvader opgetree en Anri Reyneke het die musiek gebied.

“Daar is niks so vervullend, en verblydend, soos om die blydskap en vreugdevolle gesiggies van die kinders te ervaar nie.”

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article