Verskeie lede van die Bethlehem-karateklub het op 4 Desember aan die Alliance-karate-akademie se kampioenskapsbyeenkoms vir 2021 in Bloemfontein deelgeneem.
Dit was ’n kompetisie vir alle style, wat deur klubs soos die Japan Karate Shoto-federasie (JKS), die Japan-karatevereniging (JKA) en Goju-Ryu Karate bygewoon is.
Die karatekas het volgens gordelkleur en ouderdomgroepe meegeding.
Die kragmetings in die kataspan- en kumitespan-afdeling was die hoogtepunt van die dag en het groot opwinding opgelewer.
Liam Craven, Nathan Helm en Katleho Moloi het in die spankata meegeding. Quinton Helm, as senior, Katleho Moloi, as junior, en Hanré Dreyer, in die groep vir kadette en kinders, het aan die kumite deelgeneem.
Albei die spanne het hulle goed van hul taak gekwyt.
“Dit was ’n baie tawwe kompetisie, maar die karatekas het dit terdeë geniet en die jaar se kompetisies op ’n hoë noot afgesluit,” sê sensei Gerhard Wachter, verbonde aan die klub.
Uitslae
Die lede van die Bethlehem-karateklub het soos volg presteer:
- Yente Wachter – silwer in kata en goud in kumite;
- Hendré Reyneke – brons in kata en kumite;
- Nicke Wachter – goud in kata en kumite;
- Zanco Marais – goud in kata en kumite;
- Wiehan Wagner – silwer in kata en brons in kumite;
- Corné du Preez – silwer in kata en goud in kumite;
- Nathan Helm – goud in kata, kumite, spankata en spankumite;
- Katleho Moloi – brons in kata, silwer in kumite, goud in spankata en goud in spankumite;
- Hanré Dreyer – goud in kata, kumite en spankumite;
- Wilien Botha – goud in kata en silwer in kumite;
- Quinton Helm – brons in kata en kumite;
- Liam Craven – silwer in kata, brons in kumite en goud in spankata; en
- Franja Wagner – brons in kata en kumite.