Kans vir eenwording

Elke jaar is die interskole-kragmeting teen die Hoërskool Voortrekker een van die hoogtepunte op ons kalender.


Elke jaar is die interskole-kragmeting teen die Hoërskool Voortrekker een van die hoogtepunte op ons kalender.

Dit is voorwaar weer ’n dag van glorie en genade om na uit te sien.

’n Dag vol opwinding en energie waartydens elke leerling, hetsy as deelnemer of ondersteuner, die waarde van deelname mag beleef.

Hierdie unieke geleentheid dien ook as bewys dat ons as gemeenskap, met al ons verskille, sáám kan aantree en mag beleef hoe dit voel om weer jonk te wees.

Ons weet dat daar wonderlike oomblikke van sukses sal wees, maar tussenin dalk ook hartseer en teleurstelling.

Mag elke deelnemer net weer besef dat ’n oorwinning soos ’n goue medalje is.

As jy nie genoeg sonder dit is nie, sal jy nooit genoeg met dit wees nie!

We trust that each and every supporter will enjoy the day and not be disappointed in the spirit with which our learners present themselves.

Always remember that such a day is accompanied with huge expectations and pressure. Let us embrace the fact that every player is willing to give his or her best.

We therefore urge you as supporters to respect the games and not to think you are greater than the game.

Baie dankie aan elke Witteberger en lid van die Bethlehem-gemeenskap wat hierdie dag moontlik maak.

Ons weet dat alle afrigters en hulpe menige uur daaraan toewy om die spanne voor te berei.

Dankie vir u bereidheid om te deel in ons leerlinge se opvoeding en om aan hul menswees te skaaf.

Ek wil vir elke beampte van die mediese nooddienste wat die dag diens doen, bedank. Sonder jul onbaatsugtige opoffering is die dag nie moontlik nie.

Aan Gys Coetzee en al die Trekkers, dankie vir die geleentheid om teen julle te mag meeding.

Bethlehem se toekoms en sukses is ’n gevolg van die samewerking wat daar vandag tussen ons twee skole plaasvind.

Sterkte met die aanbied van die dag en dankie vir die moeite wat in jul beplanning ingaan.

Mag die 2024-derby se verhaal vir ewig vir julle in die sand geskryf wees.

Mag elke ouer met blydskap aanskou hoe jou kind met trots en toewyding deelneem.

Mag ons vandag weer begryp hoe harde werk áltyd beloon word en dat ons almal eintlik nietig en klein is.

Vooruit – Voluit – Vir altyd!

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.