Groot opwinding het geheers op die Bethlehem-Rapportryerskorps se jaarlikse juskeidag toe spanne van verskeie organisasies teen mekaar kragte gemeet het.
Die Rapportryers, Dameskring, die Bethlehem-ATKV en die Charlotte Theron-kinderhuis (CTK) se spanne het sake op 22 April uitgespook.
Eindelik het die Dameskring-span en een van die Rapportryers se spanne gelykop gespeel.
Dié twee spanne deel nou die wisseltrofee wat die wenspan toekom.
Die Rapportryers se tweede span was in die tweede plek, met die CTK-seunspan in die derde plek.
Die Bethlehem-ATKV se span was vierde.