
Die Laerskool Jordania se nuwe leerlingraad is aangewys en die hoofleiers is van links Ann-né Venter (onderhoofmeisie), Jana Muller (hoofmeisie), Dawie Maree (hoofseun) en Gerhard Viljoen (onderhoofseun). Foto: Verskaf

Duan Maritz is as die Laerskool Jordania se veelsydigste seun aangewys.

Kaylee Shieldsis as die Laerskool Jordania se veelsydigste meisie aangewys.

Henco Coetzee is die sportseun van die jaar by die Laerskool Jordania.

Die toekenning vir die sportmeisie van die jaar word ook gedeel. Dit is Ané Beneke en Rozanne Smit.

Zanné de Wet en Jana Heymans deel die toekenning vir die kultuurmeisie van die jaar.

Die dux-leerling van die Laerskool Jordania is Mia Marais.

Die kultuurseun van die jaar van die Laerskool Jordania is Marco van Dyk.

Die skoolhoof van die Laerskool Jordania, dr. André Smith, het ’n mini-gradeplegtigheid by die skool gehad op die skool se jaarlikse prysuitdeling. Sy studieleier, dr. Herman van Vuuren, het dit bygewoon. Hy het ook ’n spesiale toekenning ontvang. Die toekenning sal voortaan jaarliks aan ’n onderwyser, ouer of leerling toegeken word wat ’n besonderse prestasie behaal. Op die foto is Elda Louw, dr.?Smith, dr. Van Vuuren en Paul Janse van Rensburg.Foto: Marguerite Vermeulen