Jongboer

Dit is lekker om te weet dat daar jong boere in Suid-Afrika is wat positief teenoor die landboubedryf voel.

Die wenner in vanjaar se Vrystaat Landbou 2023 Jongboer van die Jaar is die 26- jarige Lukas Lessing, van Marquard in die Oos-Vrystaat. Hy is tydens ‘n spog geleentheid op Dinsdag (18/04) in Bloemfontein as die algehele wenner gekroon. Hier ontvang Lessing die toekenning saam met sy vrou Marné.

Credit: SYSTEM

Dit is lekker om te weet dat daar jong boere in Suid-Afrika is wat positief teenoor die landboubedryf voel.

Ons besef almal dat boere veral met uitdagings soos beurtkrag bekommerd is oor voedselsekerheid.

Tog sê die wenner van Vrystaat Landbou se Jongboer van die jaar-kompetisie vir 2023, Lukas Lessing, hy soek altyd in enige negatiewe situasie die positiewe.

Die mens se hele lewe word deur sy of haar denke bepaal. In ’n onlangse praatjie kon die bekende predikant en motiveringspreker Liesel Krause-Wiid nie genoeg klem lê op hoe belangrik dit is om jou denke te verander nie. Om positief te dink, asook om jou brein te oefen om op die goeie te konsentreer, is veral nou belangrik vir elkeen van ons. Volgens Wiid neig die brein om negatiewe denke te koester en, soos ’n plaat wat vashaak, dit oor en oor te speel.

Haar raad is om daagliks jou brein te oefen om positief te dink, soos jy in die gimnasium oefen om jou liggaam gesond en sterk te hou.

Mag Lessing se positiwiteit aansteeklik wees vir alle boere in die landboubedryf, en mag hulle daarin slaag om steun van hoër vlakke soos die regering te ontvang.

Positiwiteit is aansteeklik, so kom ons fokus daarop en maak ’n verskil.

You need to be Logged In to leave a comment.