Jong ywer inspireer

Die vreugdevure brand hoog in Bethlehem nadat dié dorp die afgelope naweek ’n biathle-wêreldkampioen ryker geword het.


Die vreugdevure brand hoog in Bethlehem nadat dié dorp die afgelope naweek ’n biathle-wêreldkampioen ryker geword het.

WJ Kruger (17), ’n leerling aan die Hoërskool Voortrekker, het nie net sy skool, dorp en provinsie spreekwoordelik op die kaart geplaas nie – hy het wêreldwyd naam gemaak.

Dié jong Suid-Afrikaner het ondanks uiterste hitte in Egipte met atlete van oor die wêreld heen meegeding en nie een medalje ontvang soos oorspronklik sy doelwit was nie, maar sommer drie om sy nek laat hang.

Dié soort nuus is so verfrissend, veral ná ’n jaar wat met vele uitdagings gepaard gegaan het. Bykans weekliks was daar minder goeie nuus; van geliefdes wat siek word of sterf tot ontvoerings, moorde, oorloë, natuurrampe en uiterste weerstoestande. Die slegte nuus het dié jaar net erger gevoel as vorige jare.

Daarom moet ons onthou dat sport nie net fisieke voordele bied nie, maar ook vir die emosionele en ’n mens se gemoed.

Gemoedere word ligter wanneer goeie nuus aan die orde van die dag is, soos die uitstekende prestasie van ’n jong man waarop sy gemeenskap trots mag wees. Nie net bied sy sportprestasie aan hom voordele nie, maar ook aan almal wat sy storie sal lees.

’n Warm gevoel skop nes in die hart.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.