Die tienjarige Lia van Eeden se passie en liefde vir diere het haar oortuig om haar verjaardag te gebruik om ’n verskil aan diere se lewe te maak.
Dié gr. 4-leerling van die Laerskool Trio in Kroonstad het op Lia van Eeden, oortuig het om dierekos vir die Kroonstad Dierebeskermingsvereniging (DBV), in te samel op haar verjaardag.
Lia, ’n gr. 4-leerling aan die Laerskool Trio in Kroonstad, het op Dinsdag 30 Januarie haar tiende verjaardag gevier. Haar versoek aan haar maats was, geen geskenke en asseblief net dierekos. Dié dierekos het sy aan die DBV geskenk.
Haar ma, Sara-Lea van Eeden, vertel dit is nie die eerste keer wat Lia dit doen nie. Op haar agtste verjaardagpartytjie met honde as tema het sy ook eerder vir dierekos as geskenke gevra.
Lia was kinderlik opgewonde om die dierekos-skenkings op Donderdag, 8 Februarie aan die DBV in Kroonstad te oorhandig.
“’n Ouer ondersteun maklik só ’n inisiatief en Lia het self voorgestel om weer op haar verjaardag die DBV te ondersteun.”
Haar ouers sê hulle het van jongs af vir Lia geleer, dit is goed om te gee en om dankbaar te wees vir wat sy het. Haar liefde vir diere, is ’n goeie beginpunt om dié waardes te leer, sê Sara-Lea.