Jeugfees terug op kalender

Tieners kan gereed maak vir die sewende #imagine-byeenkoms wat die eerste keer ná die Covid-19-pandemie by Nampo-Park, buite Bothaville, aangebied sal word.

Tieners van die sentrale streek kan hulle gereed maak vir die sewende #Imagine-byeenkoms wat van 18 tot 20 Maart by Nampo-park, Bothaville aangebied sal word. Foto: Verskaf

Credit: SYSTEM

Tieners kan gereed maak vir die sewende #imagine-byeenkoms wat die eerste keer ná die Covid-19-pandemie by Nampo-Park, buite Bothaville, aangebied sal word.

Twee groot #imagine-byeenkomste word vir tieners landswyd beplan en die sentrale streek se byeenkoms sal van 18 tot 20 Maart buite Bothaville plaasvind. Die organiseerders beloof dat hierdie geleentheid vir tieners ’n lewensveranderende ervaring sal wees.

“Tien jaar gelede in Durbanville, op 14 Februarie 2013, is die droom van #imagine gebore. Dit was die droom van ’n groepie predikante om tieners in die vreemde tye waarin ons leef, na God te lei sodat hulle Hom met passie en oorgawe kan dien.

Die gedagte van #imagine volg in die voetspore van die jeug-tot-jeug-aksie van die jare sewentigs 1970s, sowel as die jeugfeeste van die jare negentigs 1990s. Tot dusver was #imagine een van die grootste tienerfeeste wat landswyd aangebied is,” sê ds. Christo Nel, koördineerder van die sentrale streek.

Tydens die byeenkoms word tieners blootgestel aan die diversiteit van jong mense wat die Here dien en ervaar hulle verskillende style van aanbidding.

Deur groepsgesprekke, sprekers, aktiwiteite en werksessies wat hulle bywoon, sal hulle in geloof laat groei en ook geloof op ’n dieper vlak laat ervaar. Volwassenes of jong vrywilligers wat as groepleiers kan op tree, word ook benodig. Kostes vir #imagine 2023 is R500 per persoon.

Vir meer inligting, kontak ds. Christo Nel by 076-943-2006 of besoek die webtuiste imaginemovement.co.za.

You need to be Logged In to leave a comment.