Jesus daag betyds op

Sielskos: Ds. Joe Müller.


Sielskos: Ds. Joe Müller

In Matteus 14:22-33 lees ons oor Jesus se aankoms Toe kom Jesus. Daar in die bootjie, op die stormwater, was die dissipels dalk baie verward.

Jesus sê vir hulle: “Vat solank ’n boot en vaar na die oorkant toe.” Hy sou later by hulle sal aansluit. Die dissipels het gehoor gegee aan Jesus en toe tref ’n storm hulle. Net voor dagbreek, kom Jesus op die see na hulle toe aangeloop.

Net toe hulle dink dit is verby, gebeur daar iets ongeloofliks. Toe kom Jesus. Hulle het in die see gesit en hierdie storm het op hulle losgebars, en toe kom Jesus.

Gebeur dit nie ook met ons nie? Ons probeer om gehoorsaam te bly aan die Here en dan tref storms ons.

Baie van ons wonder hoekom het die Here gesê ons moet ’n sekere pad stap as daar net moeilikheid is? Nes die dissipels, leef ons baie keer met vrees.

Maar hier lê die troos: toe kom Jesus.

Hierdie woorde het impak. Met hierdie woorde trek God ’n streep in die sand van elke mens se hart.

Van die eerste dag af was dit die woorde wat mense se lewens verander het. Ons weet van mense wat siek was, bang was, aan ’n dodelike siekte gely het en toe kom Jesus. Ons weet van operasies wat misluk het, geliefdes wat oorlede is en wie se lewe besig was om te verbrokkel; en toe kom Jesus.

Mense wie se las vir hulle te swaar was, wie se pyn ondraaglik was; en toe kom Jesus.

Hy kom altyd. Net betyds.


  • Müller is leraar aan die NG Moedergemeente Kroonstad.
Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.