Inwoners waardeer

Ter viering van Bejaardesorgmaand is inwoners van Engo se Bergprag-sentrum vir bejaardes in Bethlehem met ’n Al Debbo-fliek vermaak en op springmielies, sap en lekkers trakteer.


Ter viering van Bejaardesorgmaand is inwoners van Engo se Bergprag-sentrum vir bejaardes in Bethlehem met ’n Al Debbo-fliek vermaak en op springmielies, sap en lekkers trakteer.

Later dié middag van 18 Oktober het Koos de Beer, saam met die Bethlehem-veteranemotorklub, spogmotors vir die inwoners kom wys, en die inwoners is die geleentheid gegun om ’n rit te onderneem.

Daarna het die inwoners saam met die klublede ’n ete geniet, waar stories oor die motors gedeel is.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.