Die Koppies-tak van die Vrouelandbou-unie (VLU) het op 3 September altesaam 645 pannekoeke vir die Emily Hobhouse-tehuis vir bejaardes in Koppies se basaar gebak. “Ons doelstellings is om hande te hê wat ander help, voete wat na behoeftiges gaan, oë wat ander se nood raaksien en ore wat na hartseer luister,” sê Catrien Koekemoer van hierdie tak van die VLU. Van links is Hannie Brink, Vivienne Fouché, Catrien Koekemoer, Yvonne Follens, Louren Roux en Estie Oosthuizen besig om op die basaar pannekoek te bak.Foto: Verskaf

Credit: SYSTEM