Op ’n spoggeleentheid op 2 Junie is die nuwe winkel van die VKB-handelstak in Reitz geopen. Van links is Hannes de Jager, Toppie Jonker, Coenraad Fick, Bertie Smith en Paul van der Westhuizen terwyl die lint geknip word as deel van die openingseremonie.


Die splinternuwe VKB-handelstak in Reitz spog met ’n baie groter winkel wat beter met voorraad toegerus is om in alle klante se behoeftes te voorsien.

Ten tyde van ’n spoggeleentheid op 2 Junie is dié winkel met groot sukses geopen.

Die tak spog nou ook met ’n Wildman-afdeling vir elke jagter se jag-, wapen- en ammunisie-benodigdhede.

’n Wyer verskeidenheid produkte word aangebied, en alle besproeiingstoerusting, boumateriaal, omheining, buitelewe-benodigdhede, plaagbeheerprodukte, hardeware, saad, huishoudelike en tuinprodukte, kampeertoerusting, veeprodukte, kruideniersware, kunsmis, verpakkingsmateriaal en baie meer word te koop aangebied.

Die fokus is op die ­tevredenheid van klante, wat beteken dat alle klante en hul behoeftes voorkeur kry. Dit word gedoen met vriendelike diens in ’n veilige omgewing, tesame met goeie voorraad teen mededingende pryse.

Mense van die omgewing kan gerus dié winkel in Reitz, of dié van enige ander van VKB se ander handelstakke in die Oos-Vrystaat, besoek om hul mandjie vol te maak.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article