Hulp vir verslawing

Die Christelike Afhanklik­heidsdiens (CAD) is ’n dinamiese organisasie wat beoog om aan mense met verslawings, ongeag hul uiteenlopende uitdagings, en hul gesinslede gepaste ondersteuning te bied om verslawing te verslaan.

“Ons ondersteun hulle fisiek, psigologies, maatskaplik en geestelik, en ons help hulle om produktiewe en gelukkige mense te wees,” sê Jacques Botha, voorsitter van CAD Vrystaat.

Die groep vergader Dinsdae om 18:00 in die Metodistekerk by Cross-straat 86, Kroonstad.

Belangstellendes kan Botha by 072-125-0506, Enna Gerritzen (voorsitter van CAD Kroonstad) by 083-592-2903, Alesia van Rensburg (sekretaresse in Kroonstad) by 076-261-6853 of Esta Delport by 083-951-5205 bel.

’n E-pos kan ook na cadvrystaat@gmail.com gestuur word.

You need to be Logged In to leave a comment.