Grain Field Chickens (GFC) het op Donderdag, 27 Oktober, vanjaar sy sewende liefdadigheidsgholfdag vir behoeftiges in die Reitz-gemeenskap in Clarens, aangebied.
- Hierdie dag word hoofsaaklik geborg deur al GFC se verskaffers van reg oor die land.
Die 2022 gholfdag was die grootste nog met ’n totaal van 50 – spanne (200) spelers, sowel as 18 bof-borge en ander uitstallers.
Alle fondse wat ingesamel word op die dag gaan aan die Reitz-gemeenskap waar daar ’n groot behoefte is.
GFC fokus dus elke jaar om een groot projek te doen, wat hulle dan daarna onderhou, in plaas daarvan om klomp klein projekte aan te pak.
Die totale bedrag wat op ’n projek gespandeer word, wissel tussen R200 000 en R300 000.
Hierdie jaar sal ‘n R100 000 wel beskikbaar gehou word om kleiner projekte, borgskappe en onderhoud aan bestaande projekte te verleen.
Voorbeelde van die werk wat gedoen word, is die volgende:
House of St Paul: Al die meubels (stoele) is vervang, daar is nuwe matrasse vir al die beddens aangekoop, die koelkamer is herstel, nuwe yskaste is aangekoop, ’n nuwe vrieskas en wasmasjien is aangekoop, en daar is ook ’n kontantskenking kontantdonasie op hul VKB-rekening gemaak om hoender by VKB Foods aan te koop. GFC koop ook maandeliks ’n voorraad doeke aan indien daar ’n tekort is.
Kuiken-fonds: ’n Fonds van R100 000 is gestig by die Hoërskool Reitz vir behoeftige kinders. Hierdie fonds word slegs aangewend in gevalle waar kinders se omstandighede nie toelaat dat hul ouers die volgende kan bekostig of kan help nie: Oogtoetse en brille, sielkundige hulp, skoolbehoeftes, sport- en skoolklere, toergelde, naskoolsorg, dokter besoeke, fisioterapie, ens.
Die belangstelling en ondersteuning deur GFC se verskaffers is ongelooflik. GFC meet die sukses van die jaarlikse gholfdag nie net aan die hoeveelheid wins wat deur die projek gemaak word nie, maar ook aan die ongelooflike verhouding wat met maatskappye opgebou word en om die dag vir elke persoon wat dit bywoon ’n unieke en lekker ervaring te kan maak.
Dié dag is reeds bekend onder bywoners vir hoe “anders” dit voel van gewone korporatiewe dae. Om hierdie volgehoue ondersteuning met toekomstige projekte te geniet, is dit vir seker hoe GFC dit in die toekoms sal behou is reeds bekend dat dit “anders” is as gewone korporatiewe dae, en dit is vir seker hoe GFC dit in die toekoms sal behou.