Inwoners van die Huis Edelkroon-tehuis vir bejaardes in Kroonstad is op 15 April met die Tamaaibraai en Afrikaanse musiek bederf. Die Tamaaibraai is ’n projek van die Vryburger Omgeemense-liefdadigheids­organisasie, wat bejaardes van oor die land heen elke jaar op dié manier bederf. Vanjaar het 3 864 inwoners by 44 instansies gebaat, waarvan 65 in Huis Edelkroon woon. Landwyd is 359 kg skaaptjops, 12 kg varktjops, 309 kg wors, 235 kg hoendersosaties, 98 kg skaappotjies en 229 kg hoenderporsies gebraai. Van links is Martin Swanepoel, Giep Olivier, Daniel Fourie, Stef Breytenbach (Tamaaibraai-stuurman) en Carlo Weyer.Foto: Verskaf


Hou jaarlikse, landwye bielie van ’n braai as bejaarde-bederf

You need to be Logged In to leave a comment.