Landskapstonele met die skouspelagtige Malutiberge as hooffokus is eie aan die Oos-Vrystaat, en dié berge is ’n groot aantreklikheid vir die meeste besoekers. Nadat lieflike reën oor die Oos-Vrystaat uitgesak het, is die foto naby die Old Mill Drift-gasteplaas, 20 km van Clarens af geleë, geneem. Die roete wat hier op die voorgrond is, strek langs die Caledonrivier en die Lesotho-grens. ’n Jarelange inwoner van Kroonstad wat die omgewing aan die begin van April besoek het, het hierdie besonderse Oos-Vrystaatse natuurtoneel en die weerkaatsing van die berghange in die reënwaterpoel in ’n foto verewig.Foto: Tinkie Hattingh


Hou eeue al wag oor streek

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article