Hou bene, hou!

Driekamp-atlete van Bethlehem het dié dorp se naam die afgelope naweek hoog gehou op die Vrystaat-kampioenskapsbyeenkoms.


Driekamp-atlete van Bethlehem het dié dorp se naam die afgelope naweek hoog gehou op die Vrystaat-kampioenskapsbyeenkoms.

Die drie het hulself goed van hul taak gekwyt deur twee eerste plekke en ’n tweede plek te behaal.

Die byeenkoms is Saterdag (03/12) by Maselspoort buite Bloemfontein aangebied.

Cara Cilliers (15) en Tiaan Jacobs (35) was die wenners in hul onderskeie afdelings, en Dehan Cilliers (11) was tweede in sy afdeling.

Tiaan het 1 500 m geswem, 40 km fietsgery en 10 km gehardloop, en Cara het 750 m geswem, 20 km fietsgery en 5 km gehardloop.

Dehan het op sy beurt aan dié nommers deelgeneem: 400 m-swem, 10 km-fietsry en 2,5 km-hardloop.

Cara en Dehan word deur hul pa, Ebarnie Cilliers, afgerig.

Tiaan ontvang driekamp-afrigting van De Bruin Train in Bethlehem.

You need to be Logged In to leave a comment.