Hoenderprodukte gesond, gerieflik

Grain Field Chickens se heerlike, gekrummelde hoenderprodukte wat vinnig en maklik berei kan word en boonop smaaklik is, word wêreldwyd al hoe gewilder namate verbruikers se leefstyl toenemend besiger raak.


Grain Field Chickens se heerlike, gekrummelde hoenderprodukte wat vinnig en maklik berei kan word en boonop smaaklik is, word wêreldwyd al hoe gewilder namate verbruikers se leefstyl toenemend besiger raak.

Die vraag na kos wat gerieflik, vinnig en maklik berei kan word, het hieruit ontstaan en om waarde toe te voeg en produk­uitbreiding te skep, is Grain Field Chickens se borsfilette nou in ’n reeks sappige, smaaklike gekrummelde produkte beskikbaar gestel.

Talle tieners en kinders gaan weens die Covid-19-pandemie steeds tuis skool, en ’n vraag na gerieflike peuselkos het só ontstaan.

Nog ’n neiging wat nie geïgnoreer kan word nie, is dat al hoe meer etes en snoephappies in lugbraaiers voorberei word.

Grain Field Chickens-produkte is hiermee in gedagte ontwikkel, want die verbruiker kan ’n bros produk met ’n lugbraaier berei, hoewel konvensionele gaarmaakmetodes ook gebruik kan word.

Die produkte bied ’n vinnige en maklike plaasvervanger vir restaurant- en wegneemetes en kan maklik berei word vir peuseltyd, asook vir middag- en aandetes.

Die produkte word saam met ander bevrore produkte in die kleinhandel verkoop.

Diensgehalte is ononderhandelbaar en Grain Field Chickens glo in plaaslik verwerfde produkte, plaaslike werkskepping en waardeskepping vir die Suid-Afrikaanse verbruiker.

Plaashoenders word met net hoëgehalte-braaikuikenvoer gevoer en grootgemaak in ’n stresvrye omgewing sodat hulle vars en gesonde pluimveeprodukte kan lewer.

Die drie goeie ou sakebeginsels – eerlikheid, kommunikasie en respek – word steeds gehandhaaf.

Dié tradisionele waardes het Grain Field Chickens nog altyd getrou gehou aan sy missie, naamlik om die voorkeur-pluimvee-handelsmerk in Suid-Afrika te wees.

  • Vir meer inligting besoek grainfieldchickens.co.za of skakel 087-358-8450.

You need to be Logged In to leave a comment.