Hoëgehalte-meel ál wyer gelewer

Twee eenhede van die VKB Groep, naamlik VKB Milling en VKB Flour Mills, het in 2022 kragte saamgesnoer en word nou onder die naam VBK Milling bedryf.


Twee eenhede van die VKB Groep, naamlik VKB Milling en VKB Flour Mills, het in 2022 kragte saamgesnoer en word nou onder die naam VBK Milling bedryf.

Die maatskappy se witmieliemeulens, met ’n maalkapasiteit van 240 000 ton per jaar, is in Mokopane, Lydenburg en Louis Trichardt geleë.

Hierdie mieliemeel word onder die Magnifisan-handelsnaam versprei, en die produkreeks is goed in Limpopo en die omliggende gebiede gevestig.

By die koringmeule in Frankfort word koekmeel, wit- en bruinbroodmeel en semels geproduseer. Hierdie meule het ’n kapasiteit van 120 000 ton per jaar.

Die maatskappy besit ook ’n aantal bakkerye in verskeie provinsies. Die bakkerye se meel word deur die Frankfort-meule verskaf. ? Verspreidingsentrum word in Ga-Rankuwa bedryf om die brood in omliggende gebiede te versprei.

Die doel van die bakkerye is om ’n volhoubare mark te skep waar die brood aan die publiek verkoop kan word, en om ’n gesonde brood met ’n natuurlike smaak en ’n lang raklewe teen ’n billike prys aan die publiek te verskaf.

Dit word gedoen deur gehaltemeel te gebruik wat volgens wetlike voorskrifte gefortifiseer is.

Ten einde aan gehaltevereistes ten opsigte van meel te voldoen, soos deur die toepaslike wetgewing voorgeskryf en deur klante vereis, word daar te alle tye seker gemaak dat net die beste gehalte mielies en koring aangekoop word.

Die meel word voortdurend op verskillende stadiums in die produksielyn getoets, en verteenwoordigende monsters word daagliks deurlopend geneem. Dit word dan in die laboratorium aan verskeie gehaltetoetse onderwerp.

Danksy die sterk fokus op die vereiste gehalte wat aan die klant gelewer behoort te word, het die maatskappy reeds talle nasionale klante.

Die meul en bakkery is albei FSSC 22 000-gemagtig.

VKB Milling is dus nou goed geposisioneer om klante van hoëgehalte-meel en -mieliemeel te voorsien.

Takke
  • VBK Milling in Mokopane is by Herefordstraat 10 geleë. Skakel 015-491-9000.
  • Die tak in Louis Trichardt is by Groblerstraat 53. Skakel 015-516-0155.
  • In Frankfort is twee takke: by Baretstraat 13, met die kantoornommer 058-813-1960, en by De Villiersstraat 15. Skakel 058-813-156.
  • In Lydenburg is die tak by Koöperasiestraat 1 Skakel 013-235-2058/9.

You need to be Logged In to leave a comment.