Het jy geweet?

Gereelde besoekers aan die gewilde VKB Bieliemieliefees voel dalk al só tuis hier dat hulle meen hulle ken die fees van alle kante. Hier volg egter ’n paar feite wat gesoute feesgangers én nuwe besoekers kan verras.

Verrassende feite
  • Altesaam 11 000 botteltjies koeldrank word verkoop, net by die kosstalletjies alleen;
  • 8 000 bakkies word vir die opdien van verskillende geregte gebruik;
  • 180 kg mieliemeel word op die fees gaargemaak;
  • 1 ton suiker word gebruik;
  • 150 sakke uie word verwerk;
  • 3 500 liter sous word saam met kos opgedien;
  • 14 000 sosaties word gebraai;
  • 12 000 pannekoeke word gebak;
  • 120 dosyn eiers word gebruik;
  • 80 sakke aartappels;
  • 20 streepsakke mielies word gaargemaak; en
  • 500 hoenders word gaargemaak.
  • Die Bieliemieliefees-marathon is ’n kwalifiseringswedloop vir die Twee Oseane- en die Comrades-marathon.
  • Aan die bulletjie-rugby en netbal neem ongeveer 550 seuns en meisies deel.
  • Ongeveer 120 uitstallers bied hul produkte te koop aan.
Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.