Herfs is in die lug en dit is kosmostyd in die Oos-Vrystaat. Moeder Natuur spog vir oulaas met die pienk en wit kosmos wat die draai van die seisoen aandui, voordat sy haarself in warm en ryk herfskleure tooi. Dié toneel met die kosmos treffend op die voorgrond is afgeneem by die Ficksburg-gholfklub, wat jaarliks die Cherry Classic-gholftoernooi aanbied. Die klub is ’n volle 103 jaar oud. George Pietersen, die klub se bemarker en fotograaf, sê die kosmos blom vanjaar welig danksy die goeie somerreën.Foto: George Pietersen

Credit: SYSTEM