Hengelaar tops

’n Inwoner van Bethlehem spog met die titel van beste hengelaar in die land.


’n Inwoner van Bethlehem spog met die titel van beste hengelaar in die land.

Dié eer het Ruan Erasmus (40) te beurt geval nadat hy op Saterdag 2 April grotes op die Pro Mania-hengel­kompetisie inkatrol het.

Altesaam 600 hengelaars het by Leeu­plaas aan die oewers van die Vaalrivier opgedaag, maar slegs die beste 50 het gekwalifiseer om die kompetisie te voltooi.

Hengelaars het in twee skofte van vier uur elk meegeding.

Erasmus se een en drie punte onderskeidelik was goed genoeg om hom as algehele wenner uit die stryd te laat tree. Sodoende het hy prysgeld van R70 000 losgeslaan.

Boonop is Erasmus vir die Suid Afrikaanse Varswater-oewerhengel-federasie se B-span gekies wat van 21 tot 27 Maart by die Buurmansoewer op die Vaalrivier meegeding het. Hier het hy teen 72 hengelaars te staan gekom.

Ná ses dae is die nasionale B-span as die wenner gekroon, en Erasmus is op 26 Maart as die algehele wenner en victor ludorum aangewys.

Hy sal aan Pro Mania-kompetisies deelneem totdat hy in November in die eindronde van die nasionale hengel­kompetisie te staan kom.

You need to be Logged In to leave a comment.