Helder bande kikker dorp op

Die Visarend-span van die Kroonheuwel-Voortrekkerkommando het vir sy jaarlikse gemeenskaps­projek die voertuigbande­versiering op die verkeerseiland by Ons Winkel in Murray­straat kleurryk geverf.


Die Visarend-span van die Kroonheuwel-Voortrekkerkommando het vir sy jaarlikse gemeenskaps­projek die voertuigbande­versiering op die verkeerseiland by Ons Winkel in Murray­straat kleurryk geverf.

In Oktober het die gr. 6-leerlinge Jo-anne Dennis, Cené Coetzer, Josef Nel, Luan Pretorius, Milea Serfontein en Liyah-Mae Mynhardt dié baken in Kroonstad ’n nuwe baadjie laat aantrek.

Die spanlede het met verf en kwas elke voertuigband ’n helder kleur gegee.

“As Voortrekkers word ons geleer om moue op te rol en hard te werk,” sê Lani Serfontein van die Kroonheuwel-kommando

“Dit is baie belangrik vir ons om die kultuur en erfenis te bewaar; maar nog belangriker is dat Voortrekkers in hul gemeenskap betrokke raak.

“Daarom word daar van die Voortrekkerspanne verwag om op praktiese maniere terug te gee deur middel van diensbaarheid aan hul plaaslike gemeenskap.”

Die stapel voertuig­bande op die verkeers­eiland in Murraystraat is verlede jaar deur Bianca Keeve, eienaar van Ons Winkel, as ’n ander­soortige Kersboom opge­rig.

Sy het toe genoem dat dit ’n jarelange droom van haar was om ’n Kersboom van motorbande te bou.

Onlangs is die ingange van Kroonstad deur verskeie inwoners en belanghebbendes met kleurryke muurkuns versier, waarby die bandversiering nou mooi pas.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.