Suid-Afrika se oudste landboumaatskappy het die afgelope Vrydag ‘n winkel hier in Kroonstad geopen. NWK Retail Kroonstad gaan aan produsente, nutsmanne, buitelug-entoesiaste en sommer die gewone inkopieganger ‘n unieke koopervaring bied.
Frans en Eslené van Wyk, agentskap-eienaars, sê hulle is dankbaar vir die wonderlike geleentheid wat oor hul pad gekom het.
“Toe die geleentheid om ’n agentskap vir NWK hier in Kroonstad te open hom voordoen, het ons nie twee keer gedink nie en het ons dit met altwee hande aangegryp. Dit is vir ons belangrik om ons kliënte soos familie te behandel – dit is immers ’n familieonderneming. Hier moet kliënte altyd tuis, gemaklik en welkom voel,” sê die Van Wyks.
Die naam Frans van Wyk kan dalk bekend klink – hy was jare lank ’n profesionele rugbyspeler. Hy het ses seisoene vir die Stormers, een vir die Blou Bulle en twee vir die Leeus uitgedraf, en hy het boonop twee jaar lank klubrugby in Frankryk gespeel.
NWK bestaan reeds die afgelope 114 jaar. Dié onderneming beskik oor 32 handelswinkels en 14 agentskappe en is stelselmatig besig om uit te brei oor die Vrystaat heen.
Hulle visie is: “Jou dinamiese vennoot in ’n veranderende besigheidsomgewing.”
Kliëntediens is by NWK ’n voorkeursaak, en deurlopende opnames word gedoen deur byvoorbeeld SMS’e uit te stuur sodat kliënte die versekering kry probleme sal onmiddellik opgelos word.
Die NWK Shop-toep kan afgelaai word, waarop kliënte self kan kyk by watter takke produkte beskikbaar is, kwotasies kan aanvra en pryse kan nagaan.
Die boerderygemeenskap kan die nuwe NWK-tak in Kroonstad besoek, waar vriendelike personeel reg staan om kliënte te help met verskeie produkte om van die kies.
NWK het in Augustus 2021 ook die Kroon New Holland-tak oorgekoop, wat nou bekend staan as NWK Meganisasie Kroonstad.
NWK-bedrywighede sluit in:
- graanbemarking en -berging
- handelswinkels
- kunsmis (vloeibaar en korrel, in samewerking met Omnia)
- Midchem (advies en verkope van landbouchemikalieë)
- meganisasie (New Holland)
- finansiering
- landboubestuursdienste (Agtech@NWK)
- Epko (oliepers)
- Bastion (landboukalk 50% aandeelhouding)
- NWK/IP Makelaars
Hoe NWK deurlopend sy visie uitleef
- Om die handelsnetwerk uit te brei met die franchise-model.
- Die oprigting van graanbunkers om verkryging en hantering van graan te vergemaklik.
- Die verkoop en aanbring van sonkragstelsels vir huishoudings, sowel as plase.
- Die aankoop en verspreiding van hommetuie.