Die Vrystaat-Versorging in Aksie (VVA) in Kroonstad wil dié dorp deur ’n klere-insamelingsprojek van stapel stuur in die hoop om behoeftiges in Kroonstad met liefde te beklee.
“Die kortste pad deur Kroonstad is ongeveer 7.8 km lank en ons hoop om klere by elke 20 m van die 7.8 km in te samel vir ons liefdadigheidswinkel. So sal ons kan verseker dat diegene wat klere nodig het, dit kan bekostig,” sê Louise Wierenga, maatskaplike werker van die VVA in Kroonstad.
Wierenga moedig die publiek aan om só ’n verskil in die gemeenskap te maak. Hul mikpunt is om ten minste 340 kledingstukke in te samel. Vir navrae of hoe om betrokke te raak, bel vir Wierenga op 056-212-6893.