Haarsorg in ’n japtrap

Selfsorg is lankal nie meer net ’n gonswoord nie. Vir dié wat die waarde hiervan ontdek het, word dit ’n leefstyl; en dit kan baie vorme aanneem. Met die volgende resep kan vroue hul hare se gesondheid ’n hupstoot gee en boonop ’n tydjie vir hulself


Selfsorg is lankal nie meer net ’n gonswoord nie. Vir dié wat die waarde hiervan ontdek het, word dit ’n leefstyl; en dit kan baie vorme aanneem. Met die volgende resep kan vroue hul hare se gesondheid ’n hupstoot gee en boonop ’n tydjie vir hulself afknyp om te ontspan.

Bevogtigende haarmasker

Bestanddele: 1 avokado (gebruik die helfte vir kort hare); 1 eiergeel; 2 t heuning; en 2 t ekstra suiwer olyfolie.

Meng saam tot romerig en wend aan. Bedek hare met ’n plastiek stortmus of kleefplastiek en draai ’n warm handdoek om jou kop. Laat sowat 30 tot 40 minute aan. Spoel af, was en knap op soos gewoonlik.

Olyfolie en avokado bevat antioksidante, vitamine en vetsure, en is bevogtigend. Eier is ’n bron van amino­sure, vitamine en minerale. Dit bevat ook sulfaat, wat die vel en hare versterk. Heuning is ryk aan vitamine.

Huisgenoot/Netwerk24

You need to be Logged In to leave a comment.