Groot name, grootste pret op makietie

Dit is nie aldag dat ’n mens jouself in die geselskap van kan skouers skuur met groot name in die vermaaklikheidsbedryf bevind nie, maar Kroonstadters sal oor minder as twee weke ’n reeks bekendes, van sangers tot sepie-akteurs, kan ontmoet. Daar sal


Dit is nie aldag dat ’n mens jouself in die geselskap van kan skouers skuur met groot name in die vermaaklikheidsbedryf bevind nie, maar Kroonstadters sal oor minder as twee weke ’n reeks bekendes, van sangers tot sepie-akteurs, kan ontmoet. Daar sal selfs ’n televisiespan sal daar wees om die joligheid wat in die dorp gaan plaasvind, te verewig.

Die groot dag is om die draai vir die KIA Makietie ter viering van Kroonstad as Kwêla se Dorp van die jaar 2022, asook die eerste Ignite and Revive-fees, en die dit gons in Kroonstad van bedrywighede om die geleentheid vir inwoners én besoekers van oraloor die moeite werd te maak.

Feesgangers kan solank hul kompetisie-moue oprol, want hulle gaan die geleentheid kry om teen hul gunsteling-sterre kragte te meet op die boeresportgeleentheid, wat vir groot opwinding beloof. Dié wat minder sportief is, kan daarvan seker wees dat plaaslike en nasionale kunstenaars heeldag musiek sal maak. Dan is word

Benewens eetgoed te koop sal daar natuurlik is daar ’n biertuin wees wat ’n lafenis teen die genade­lose Vrystaatse hitte sal bied. Topgehalte-kindervermaak uit die boonste rakke sal die jongspan ure lank besig hou, en vir die landbougeesdriftiges kan uitsien na sal groot name in die bedryf wat hul nuutste en beste produkte uitstal.

Die Ignite and Revive-fees sal volgens beplanning ’n jaarlikse instelling word, merk dit oud en jonk gerus die fees op volgende jaar se sosiale kalender. Ons word sien uit om te sien na die eerste fees van vele.

You need to be Logged In to leave a comment.